Kraakwydteberekening volgens BS 8007 vir gesamentlike buiging en aksiale trek

(The Structural Engineer, 17 Sep. 2002)

Sinopsis

BS 8007, die Britse ontwerpkode vir die ontwerp van waterhoudende strukture, bevat voorskifte vir die berekening van kraakwydtes vir snitte onderderhewig aan buiging en vir snitte onderhewing aan aksiale trek. Dit bevat egter geen voorskrifte vir die berekening van krake vir snitte onderhewig aan gesamentlike buiging en aksiale trek nie. In die beskikbare literatuur is daar ook min riglyne in dié verband. Nog Anchor nog Batty se handboek vir die ontwerp van waterhoudende strukture bevat ‘n rasionele metode vir die bepaling van trekverstywing vir die geval van snitte onder gesamentlike buiging en aksiale trek.

Gesamentlike buiging en aksiale trek kom dikwels in waterhoudende strukture voor, byvoorbeeld in die horisontale rigting van mure van reghoekige of vierkantige tenks. Daar is dus ‘n behoefte vir ‘n rasionele metode vir die berekening van kraakwydtes vir dié geval.

In dié artikel ondersoek Erhard Kruger die voorskrifte in die kode vir kraakwydteberekening, en toon aan dat die kraakwydteformule vir buiging ook op aksiale trek van toepassing is. Die geval waar die hele snit in trek onder gesamentlike buiging en aksiale trek is, word ondersoek, en die limietwaardes waarby dit plaasvind, word afgelei. Vergelykings vir oppervlakvervorming en trekverstywing van die beton word ontwikkel.

Soortgelyke vergelykings word afgelei vir die tweede geval waar die snit gedeeltelik in druk is onder gesamentlike buiging en aksiale trek.

Riglyne word gegee vir die berekening van kraakwydtes vir verskillende konfigurasies van wapening en betondekking in die twee vlakke van die snit onder beskouing.

Erhard Kruger van HGK Raadgewend BK bespreek bogenoemde in die artikel wat in The Structural Engineer van 17 September 2002 verskyn het.

(Let wel: Dié artikel moet saam met die volgende artikel, Verbeterde metode vir kraakwydteberekening volgens BS 8007 vir gesamentlike buiging en aksiale trek (The Structural Engineer, 17 Mei 2005) deur Erhard Kruger en Robin Atkinson, gelees word.)

Kliek dié skakel vir toegang tot die artikel:

Kliek dié skakel vir toegang tot errata in pdf:

Kliek dié skakel vir toegang tot die volledige Verulam afdeling wat die errata bevat, oorspronklik gepubliseer in The Structural Engineer, 18 Februarie 2003